Vrae oor Google One? Ons het antwoorde.
Top-Google One-vrae
Wat is die verskil tussen Google One en Google Drive?
Google Drive is 'n bergingdiens. Google One is 'n intekeningpakket wat jou meer berging bied om oor Google Drive, Gmail en Google Foto's te gebruik. Boonop kry jy ekstra voordele met Google One én jy kan jou lidmaatskap met jou gesin deel.
Dit verander nie hoe jy Google Drive gebruik nie, dus hoef jy jou nie daaroor te bekommer dat jy enige iets gaan verloor of moet oorplaas nie.
Kom meer te wete oor hoe Google One werk met Google Drive, Gmail en Google Foto's.

Wat is die verskil tussen Google One se wolkberging en die wolkberging wat saam met elke Google-rekening kom?
Elke Google-rekening kom met 15 GB berging wat gedeel word deur Google Drive, Gmail en Google Foto's. Wanneer jy opgradeer na Google One, vermeerder jou totale berging tot 100 GB of meer na gelang van die pakket wat jy kies. Jy kry ook ekstra lidvoordele en toegang tot 'n steundiens deur Google-kundiges – wat jy alles met jou gesin kan deel. Kom meer te wete oor berging met Google One.

Hoe kan ek Google One gebruik as ek nie 'n lid is nie?
Jy kan data op jou Android- of iOS-foon rugsteun en ook spasie in jou Google-rekening beskikbaar maak met gebruik van die bergingbestuurder. As jy 'n Google One-lidmaatskap kry, sal jy bykomende kenmerke ontsluit soos uitgebreide wolkberging, 'n steundiens deur ons span Google-kundiges, en eksklusiewe voordele.

Met wie kan ek my Google One-lidmaatskap deel?
Jy kan Google One met tot 5 addisionele gesinslede deel sonder enige ekstra koste (dus altesaam 6, insluitend jouself). Wanneer jy 'n nuwe gesinsgroep skep, kan jy ander gesinslede byvoeg of verwyder.
As jy reeds lid van 'n gesinsgroep op Google is, kan jy jou Google One-pakket met die res van jou bestaande groep deel. Kom meer te wete oor die deel van jou Google One-lidmaatskap.

Wat deel ek met my gesinsgroep? Kan hulle al my gestoorde goed sien?
Jy kan al die voordele van Google One met jou gesinsgroep deel – sonder om enige van jou persoonlike lêers te deel. Gesinslede deel jou Google One-pakket se bergingspasie, maar jou gesinsgroep kan nie sien wat jy stoor nie, tensy jy dit spesifiek met hulle deel vanaf Google Drive, Gmail of Google Foto's. Kom meer te wete oor die deel van Google Drive-lêers.
Alle gesinslede kan ook ondersteuning by Google-kundiges kry en ledevoordele (behalwe vir rekeninge wat deur ouers bestuur word). Sommige voordele gaan na die eerste persoon in jou groep wat daarop aanspraak maak.

Hoe koop ek 'n Google One-pakket?
Volg die stappe hieronder om 'n pakket deur die Google One-program te kry. Jy kan ook 'n pakket koop vanaf die Google One-webwerf.

Nog vrae? Gaan kyk gerus na ons Hulpsentrum.
Sodra jy 'n Google One-lid is, kan jy direk toegang tot Google-kundiges kry wat vrae oor Google-produkte en -dienste (insluitend Google One) kan beantwoord.