Vanaf USD 1,99/maand

Vrae oor Google One? Ons het antwoorde.

Berging

Hoe vergelyk die berging wat ek met Google One kry, met dit wat ek gratis kry?

Elke Google-rekening begin met 15 GB gratis berging wat oor Google Drive, Gmail en Google Foto's gedeel word. As jy opgradeer na Google One, vergroot jou totale berging tot 100 GB of meer, na gelang van watter pakket jy kies. Jy kry ook ekstra ledevoordele en toegang tot 'n steundiens deur Google-kundiges – wat jy alles met jou gesin kan deel.

Wat tel as berging en wat nie?

Google Drive: Die meeste lêers in jou "My Drive," insluitend PDF's, prente, video's, en items in jou asblik.

Gmail: Boodskappe en aanhegsels, insluitend items in jou Strooipos- en Asblikvouers.

Google Foto's: Alle foto's en video's.

Sien hier meer inligting oor hoe berging met Google One werk.

Wat gebeur met my lêers as ek my berginglimiet oorskry?

Jy sal niks verloor as jy oor jou berginglimiet gaan nie. Maar jy sal nie nuwe lêers in Google Drive, of nuwe foto's en video's in Google Foto's kan stoor nie, en jy sal dalk nie e-posse met jou Gmail-adres kan ontvang nie.

Meer plek nodig? Jy kan meer te wete kom oor hoe om spasie beskikbaar te maak of na Google One opgradeer om meer berging te kry.

Nog vrae? Gaan kyk gerus na ons Hulpsentrum.

Sodra jy 'n Google One-lid is, kan jy direk toegang tot Google-kundiges kry wat vrae oor Google-produkte en -dienste (insluitend Google One) kan beantwoord.