Vanaf USD 1,99/maand

Vrae oor Google One? Ons het antwoorde.

Google-kundiges

Wat is Google-kundiges? Watter tipe vrae kan hulle beantwoord?

Google-kundiges is mense wat deur Google opgelei is om jou vrae oor Google-produkte en -dienste te help beantwoord. Of jy nou 'n lêer moet herwin wat jy per ongeluk uitgevee het en of jy wil leer hoe om Gmail te gebruik wanneer jy vanlyn is, 'n Google-kundige is gereed om te help. Met net een tik kan jy direk met 'n Google-kundige verbind op die Google One-webwerf en -program.

Let wel: Google-kundiges beantwoord nie vrae oor besigheidsprodukte soos G Suite nie.

Is daar Google-kundiges beskikbaar in my land?

Google-kundiges is beskikbaar oral waar Google One beskikbaar is, en die vlak van ondersteuning hang af van die taal. Ons is besig om ons span Google-kundiges uit te brei om seker te maak dat jy antwoorde op al jou vrae kry.

Nog vrae? Gaan kyk gerus na ons Hulpsentrum.

Sodra jy 'n Google One-lid is, kan jy direk toegang tot Google-kundiges kry wat vrae oor Google-produkte en -dienste (insluitend Google One) kan beantwoord.

Google